top of page
Search

Rek en strek...Hoekom is soepelheid belangrik vir kinders?



Voordele van strek

  • Voorkom beserings

  • Help met die herstel van spiere na fisiese aktiwiteite

  • Soepel kinders = Soepel volwassenes

  • Verminder spierspanning

  • Ondersteun gewrig-gesondheid

  • Verbeter bloedvloei na spiere

  • Dra by tot 'n goeie gemoed!

Speel die volgende speletjies:

Pannekoekbak

  • Sit plat op jou boude met bene oopgestrek voor jou

  • Bak pannekoek

  • Gaan haal die bestanddele hoog op die rak (strek dan op na bo met arms)

  • Gooi dit in die "bak" voor jou en roer (strek dan na voor sodat bene strek, probeer elke keer jou tone raak. Een been op ń slag)

  • Herhaal met al die bestanddele

  • Bak en rol die pannekoek (strek dan reguit vorentoe)


Raak die dak

  • Staan regop, bene teenmekaar

  • Strek op na die dak en tel die verf van die hoogste rak af

  • Buk vooroor met reguit bene en verf jou tone

  • Speel elke keer jy verf met ń ander kleur

442 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page